| |
Liewe gemeente ,
Op 15 Januarie 2006 loods ons gemeente ‘n veldtog wat die
gemeente asook u as ‘n lidmaat ingrypend gaan aanraak in u
geestelike lewe. Die omvang van die veldtog is te groot vir
mense wat by die reëling daarvan betrokke is om op eie houtjie
te bedryf . Ons het die hulp en leiding van ons Vader nodig om
die saak binne Sy wil te bedryf sodat ons aan Hom die eer kan
gee.
U is die Veldtogspan se vennote in hierdie saak en daarom is dit
van die uiterste belang dat ons as ‘n gemeente bid vir die
veldtog. U word uitgenooi om u gebedsversoeke ten opsigte van u
eie geestelikke behoefdes vir die 40 Dae Doelgerigte Lewe- span
se gebedsspan deur te gee sodat daarvoor gebid kan word. U sal
tydens die erediens ‘n geleentheid kry om u gebedsversoek deur
te gee.
Die gebedspan kom elke Saterdagoggend on 06:30 by die kerk
bymekaar en bid tot ongeveer 07:45. U word hartlik uitgenooi om
deel te word van hierdie span en te ervaar wat dit is om ‘n
Saterdag in die teenwoordigheid van gelowiges tot ons Vader te
bid en ons probleme, vrese en vreugdes met Hom te deel en te
weet dat Hy luister.
Ons fokus doelbewus tans daarop om ons gemeente aan Hom op te
dra tydens hierdie Saterdagoggend debedsgeleentheid.
Dit is verstaanbaar dat ‘n Saterdagoggend vir baie lidmate nie
geleë is nie , daarom beplan ons om ander gebedsgeleenthede te
skep. Gebedsgeleenthede sal ingestel word voor en na die
erediens , in die kategeseklasse, met elke kleingroepbyeenkoms
asook die tydens alle Laatoes lidmate se aksies
Bo en behalwe die persone wat op ons voorbiddinglys verskyn (sien
afkondigings) versoek ons dat u vir die persone /sake bid.
VELDTOGSPAN
Ds Piet Botha, Ds Robert Rotteveel, Japie Fourie, Sarel Coetzee,
Dries Joubert, Sonja Blignaut, Louis Bothma, Nico Dyzel, Theuns
Henning, Tienie Strydom (jr) Wellem en Jeanette de Klerk
VERKOSE KERKRAADSLEDE
Ouderlinge
Cees den Oudsten, Louis Bothma, Koos Terblanch, Nico Dyzel,
Andre Nel, Johan Henning, Hannes vd Berg, Danie van Heerden,.
Johan Truter, Lambert van Heerden, Leon Nienaber, Doreen Thomas,
Tonie Smith en Maarten Roberts
Diakens
Eben de Swardt, Hennie Strydom,Hennie Bouwer, Eugene Venter,
Charl Broodryk, Chris Strydom en Frans Jooste
Namate die veldtog verloop sal die gebedslys gewysig word om
tred te hou met versoeke
Dries Joubert - namens die 40 Dae Doelgerigte Lewe
Span
|
|