|
|
|
|
|

|
Brackendal
Die Abraham Kriel Projek
Huis Tribelhorn
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
| |
Hennie en Natalie bederf die kinders |
|
| |

|
|
| |
Hellloooooo al die mooi mense van
Brackendal
Dis al weer sulke tyd – ek dink ons almal wonder hoe ons hierdie
stoomtrein met die naam TYD kan keer om met ons weg te hardloop....!
So kom ons aan die einde van nog ‘n jaar. Ons is al 5 jaar aktief besig by
Abraham Kriel en spesifiek 4 jaar by Huis Triblehorn. Dit voel vir my soos
nou die dag dat ons die kamers gaan uitverf het, beddens versier het en
die nuwe meisies verwelkom het!
Ons het al lekker saam gekuier, baie gedoen, ekstra werk by die huis
gedoen en net die vreugde beleef van hierdie spesiale meisies, want aan
die einde van die dag verskaf hulle meer plesier aan ons, sonder dat hulle
dit weet. Ons wat so bevoorregd is om ons eie huise te hê, saam met ons
families en vriende te kan kuier, veilig te kan wees, lekker te kan eet
ens. Dis nie te sê die meisies bly nie lekker nie, of het nie genoeg kos
om te eet nie en het nie vriende of familie nie. Dis net hoe en waarom
hulle is waar hul vandag is – hartseer omstandighede wat nie hulle eie
toedoen is nie. Ek gaan nie die besonderhede in detail gee nie, maar
hierdie meisies het al soveel meer beleef in hul kort lewens, as wat ons
ooit in ‘n hele leeftyd kon gedoen het - en ons sal nie hul lewens vir al
die geld in die wêreld wil hê nie – as die waarheid vertel word. Hierdie
is meisies wat deur die samelewing (en meer gereeld die mense vir wie hul
die liefste is) seergemaak is – fisies, geestelik, verstandelik,
emosioneel. Gelukkig is daar vir hul uitkoms by Huis Triblehorn en dit is
net hier waar ons die verskil maak – ons maandelikse besoeke, uitstappies,
bederf – bring weer by hierdie meisies ‘n “sense of being and belonging”
terug en herstel hul vertroue in mense.
Behalwe vir ons maandelikse kuier op ‘n Saterdag oggend en die verjaarsdae
vieringe, het oom Hennie en Tannie Natalie (met klein Divan nog in Tannie
Natalie se maag) die meisies verskriklik bederf so ‘n paar Sondae terug
met ‘n lekker braai, springkasteel, geskenkies en lekkers. Ons het so
lekker gekuier, nie een van ons wou huiswaarts keer nie – selfs die reen
kon nie die prêt en plesier bederf nie! Dit was awesome Oom Hennie en Ta’
Natalie, en ons wil net verskriklik dankie se.
Ons wil dan ‘n ieder en ‘n elk van jul uitnooi. Miskien volgende jaar kan
ons elke maand so ‘n kuier met ‘n groep mense reel. Hierdie is nie “Sonja
se projek” nie – dis ‘n “Brackendal projek” – (ek moet net met jul deel –
nou die dag kom ek by iemand om goed vir die meisies op te tel – toe skree
twee jong meisies vir hul ouma : “dis die tannie van die kinderhuis” – ek
weet nie of dit uit vrees of opgewondeheid was nie !)
Brackendal doen alreeds, en kan soveel meer, ‘n verskil in hierdie kinders
se lewens maak. Die aard van die kinders se verblyf in die huis (in ander
woorde die tydperk wat hul in die huis spandeer) verander elke maand (dit
is die Staat se beleid om kinders nie langer as twee jaar in die tehuise
te hê nie – en dus moet die kinders se sake so gou moontlik deur die howe
gevoer word om hul terug te plaas in normale omstandighede – hetsy terug
by hul ouers, voster sorg of aanneming) en het ons in die laaste jaar baie
meisies sien kom en gaan. Dit maak ons verjaarsdag klub moeilik – want nes
jy dink jy gaan bederf – word die meisie uitgeskuif! Ons mag nie die
proses bevraagteken nie – al wat ons doel is is om sonskyn in die meisies
se lewens te bring. Om fisies betrokke te wees, want om net geld te gee is
so maklik – en moet ons nie verkeerd verstaan nie – ons waardeer elke sent
se donasies wat gemaak word, maar wat is lekkerder as om te gaan kuier,
kombers op die gras te gooi, te sit en gesels – hande vas te hou en te
hoor wat in hul lewens aangaan elke dag – hoe goed hul op skool doen en
wat hul drome is en dan ‘n lekker stywe druk te gee en te kry aan die
einde van die kuier! Ek gril sommer van die lekkerkry!
My uitnodiging dus vir volgende jaar is dat – as jou hart hard met jou na
hierdie briefie gesels oor hierdie projek, jy met jou familie, vriende,
omgeegroep, werks mense, sondagskool groep gesels – dan probeer ons om
twaalf sulke geleenthede soos ons al hierdie jaar gehad het, te reel. So
kan ons ons gestuurde roeping uitvoer. Alles wat ons doen is in die naam
van die Here, en is dit tot groot seen vir die meisies – en tot jouself
want jy is gehoorsaam aan die Here se opdrag.
Ons laaste projek vir die jaar is natuurlik weer die Kersfees pakkies – en
vra ek baie mooi of jul kan help met donasies van kinder leesboeke (verkieslik
nuut – ons kan die tweedehandse boeke wat ingesamel word in hul klein
bibliotekie sit – maar ‘n nuwe boekie spesifiek vir elke meisie sal hul
soveel meer spesiaal laat voel), badkamer goedjies (deodorant/tande
borsels en tande pasta, sjampoo, bad seep, waslappies/ handdoeke, sanitere
doekies) en laaste maar nie die minste nie – ‘n lekker sjokolade. Ons sal
dit alles in mooi pakkies sit en dan Sondag die 6de Desember na kerk gaan
oorhandig – en julle is natuurlik almal welkom om saam te gaan!!!
Ek los jul met ‘n “vredes groet”
Vrede vir julle – in wie God ‘n welbehae het
Want soveel as ons dit aan die weduwees en weses doen, soveel doen ons dit
aan Hom”
(my eie woorde)
Baie “blessings vir julle
Sonja
|
|
| |
|
|
| |
Huis Triblehorn – Derde Termyn 2009 :
Hello weer aan al ons gewaardeerde ondersteuners. Niemand kan keer dat tyd
verby gaan nie – maar ons kan wel elke minuut optimaal gebruik!
En dit is wat ons hierdie maand gedoen het.
Ons het drie groepe Graad 10 leerlinge gehad wat hul gemeenskaps projekte
by Triblehorn kom uitvoer het en wil ons baie dankie sê vir Mart en
Adrian, Chanye en Adri, en Philip von Willich en sy groep vir hul
fantastiese gees wat hul aan die dag gebring het. Mart en Adrian het ‘n
partytjie vir hul verjaarsdag meisie gegee en al die ander kinders daarby
betrek. Chanye en Adri het die meisies leer foto rame uit afvalprodukte
soos ou kaartjies, karton, ens maak en daarna lekker warmbrakke saam geëet.
Philip en sy span het tuin gemaak en daarna die meisies met lieflike
geskenke bederf. Net gou wil ek namens die huis vir ieder en elk se bydrae
met hierdie projekte groot dankie sê – dit gaan nie net oor die materiele
dinge nie – maar meer belangrik oor die fisiese kontak – en daaraan was
daar geen tekort nie – baie drukkies en gesels en lekker lag was aan die
orde van die dag.
Om die ergste winterkoue bietjie die nek te slaan het Oom André die
meisies lekker bederf met ‘n uitstappie na die Glen waar hy hulle met
sweetpakke bederf het en het hulle daarna na die Wimpy by BP Goldreef City
geneem het om te eet en lekker in die speelpark te klim en klouter. Oom
Andre het ook vir die meisies lieflike warm komberse gegee waarmee hulle
so beindruk was en ieder en elk vir gesê het hul gaan nou lekker voor die
TV kan “snuggle”. Hul oë het ook amper uitgeval vir die sakgeldjies – baie
dankie Oom André, dit beteken baie baie baie!
Laaste maar nie die minste nie – Ds Piet en Oom Freddie se katkisasie klas
het Sondag (26 Julie) hul tyd afgestaan om ‘n lieflike wintersdag saam met
die meisies en Ta’ Sonja se omgeegroep te spandeer. Ons het speletjies
gespeel en lekker boerewors rolletjies en slaaie daarna geëet. Vir almal
wat die dag moontlik gemaak het en saamgekuier het net ook ‘n groot dankie
– so bring mens warmte en sonskyn in hierdie meisies se lewens sonder baie
moeite!
So saam met al die lekker is dit vir ons minder lekker om totsiens te gesê
het vir ‘n paar meisies. Bianca, Isabel en Jackie het in hierdie termyn
hul intrek by meer senior huise geneem (hulle is almal nou 14) en wens ons
hulle alle sterkte toe met hul nuwe avontuur. Sammy is ook verplaas na ‘n
huis met kinders van haar statuur – hulle is almal in Hamlet skool so daar
kuier hul ‘n hond uit ‘n bos uit.
Ons het dus op die oomblik 7 meisies in die huis, met die nuwe huismamma
Magriet – wat alreeds diep in die meisies se harte ingekruip het. Hulle is
besig om ‘n gemeente besoek te reel en teen die tyd dat jul hierdie lees
het dit ook al gebeur en sal ons daaroor raporteer in ons volgende verslag.
Net weer om jul te herhinner aan die verjaarsdae:
Alecia - 23 Februarie - 9 jaar
Samantha - 28 April - 9 jaar
Mariska - 11 Augustus - 10 jaar
Busi - 27 Augustus - 9 jaar
Elinese - 18 September - 13 jaar
Elmarie - Informasie nog nie beskikbaar
Welmarie - Informasie nog nie beskikbaar
Soos jul kan sien het daar dan nou al baie gebeur hierdie termyn en hou
ons nie daar op nie! Ons gaan nog baie lekker kuier en verjaarsdag bederf
hou. Al jul hulp, saamkuier, ondersteuning en bydraes van watter aard
ookal word baie waardeer en sal ons julle op hoogte hou van ons
toekomstige kuiers.
Liefde winter-warm groete
Sonja Blignaut
083-411-1754
Namens Huis Triblehorn, Abraham Kriel
|
|
| |
|
|
| |
Huis Triblehorn – 2008 |
|
| |
Dit is alweer sulke tyd – die laaste paar maande van die jaar. In hierdie
tyd kyk ‘n mens terug na wat jy deur die jaar gedoen het – besin oor wat
jy wou doen – en of jy daardie lysie voltooi het.
Ons Abraham Kriel projek floreer te danke aan die bydraes van al die ooms
en tannies en maaitjies by NG Brackendal. Sonder julle sou dit glad nie
moontlik gewees het om hierdie meisies ‘n bietjie sonskyn te kon gee in ‘n
anders donker wereld nie.
Ons kuns oggende en projekte het soveel vreugde verskaf. Die een wat die
langste in my gedagtes sal bly is die Bederf oggend met ons senior lidmate
toe die meisies die tannies met manikure en pedikure bederf het na ons ‘n
lekker “sing saam” gehad het om die oggend mee af te skop.
Tussendeur was daar t-hemde geverf, ons het knoop en doop gedoen, juwele
gemaak, kaartjies gemaak, geleer hoe om onsself te versorg, as
gemeeskapsprojek lekkergoed gepak vir die Abraham Kriel Makietie Dag,
teddiebere gaan kyk by die blommemark – en toe nog na die mooiste blomme
ook gekyk.
Die verjaarsdae is ook bietjie anders aangepak hierdie jaar, waar daar
elke twee maande eers ‘n gesamentlike partytjie gehou is vir die maaitjies
wat in daardie twee/drie maande verjaar en dan is die maaitjie uitgeneem
deur haar Brackendal Verjaarsdag familie vir nog bederf. Die meisies het
dit verskriklik geniet en ons hoop om hierdie projek verder te neem
volgende jaar.
Daar was bietjie hartseer ook die jaar met ‘n paar van ons ou maaitjies
wat uit die huis uitgeskuif is as gevolg van logistieke verandering binne
in die Abraham Kriel organisasie, maar hierdie verskuiwings is tot
voordeel van ons maaitjies. Courtney is ook in hierdie tyd offisieel deur
haar vakansie ouers (nie van ons gemeente) aangeneem en word dit beoog dat
sy dan teen Desember permanent by hulle sal aansluit – ons wens haar en
haar nuwe ouers Gods rykste seen toe op hierdie nuwe lewenspad.
Huidiglik is daar nege meisies in die huis : Samantha, Isabel, Ellinese,
Jackie, Mariska, Alicia, Busi, Sammy en Bianca. Teen die tyd dat hierdie
brief julle bereik, het ons meisies ‘n see vakansie gehad vanaf die 8ste
tot die 15de November 2008. Dit is as verrassing vir hul gegee omdat hul
so mooi aangepas het in die huis en het die bestuur van Abraham Kriel
besluit dat dit hul manier is om die meisies te beloon. Die goeie
aanpassing is deels te danke aan NG Brackendal se hulp met die mooi maak
van die huis waar die kinders grootgemaak kan word in ‘n so na as moontlik
huislike atmosfeer (en nie ‘n instansie met grys mure nie). Die teels wat
deur Gert gele is maak voorwaar die huis ‘n spog huis en wil ons meisies
dit so graag vir almal wys – hulle het ook duvets op hul bedjies wat
geskenk is deur ‘n Brackendal gesin.
Ons laaste projek vir die jaar sal ‘n kerspartytjie vir die meisies wees.
Ons beoog dat hierdie partytjie op die 22ste of 29ste November gaan
plaasvind. As daar enigiemand is wat ‘n spesifieke bydrae vir hierdie
prjek kan maak, sal ons dit verskriklik waardeer. (Ons wil weer ‘n klere
pakkie met skoene aan elke meisie oorhandig met ‘n kuns aktiwiteit vir
bederf) – die laaste dag vir enige bydraes vir hierdie projek sal dan die
8ste November wees – sodat ons kan finale reelings tref en verdure aankope
doen, indien nodig – baie dankie by voorbaat vir u ondersteuning vir
hierdie projek – ek weet sommer al klaar dat dit ‘n reuse sukses gaan wees.
Om af te sluit wil ek hiermee namens die meisies (en Elise en Marlien –
die huis moeders) van Triblehorn vir ‘n ieder en elk van Brackendal wat
bygedra het tot die sukses van die projek, en vir al jul gebede, dankie
se, sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie. Ons is lank nie
klaar met hierdie liefdesdaad nie en vra jul voortgesette gebede en
ondersteuning om die projek ‘n nog groter sukses te maak. Enigiemand wat
belangstel om bydraes te maak – van watter aard ookal, moenie huiwer om
met my te gesels nie – “the more the merrier”.
Groete tot volgende jaar.
Sonja Blignaut
Namens Huis Triblehorn
Abraham Kriel
|
|
| |
|
|
| |
|
|
| |
Nuusbrief - Februarie tot
Junie 2007 |
|
| |
Kyk nou net hoe vinnig het die tyd alweer gevlieg! En ons is sooooo besig
met lekker dinge.
Ons verjaarsdagklub is nou goed aan die gang. Ons wil net baie dankie se
vir al die families en groepe wat ‘n dogtertjie borg vir hierdie spesiale
dag!
Megan : 28 Maart : Fransie en gesin
Samantha : 28 April : Susan en gesin
Isabel : 2 Mei : Willem de Klerk omgeegroep
Esmaralda : 7 Mei : Adeline and Nardus Venter
Jeanetta : 15 Julie : Karen :
Courney : 31 Julie : Norbert & Charlotte Hilscher Omgee Groep
Maritza : 13 Augustus : Jan Pretorius en familie omgeegroep
Ellinese : 18 September : Sunette de Klerk
Jackie : 17 Oktober : Neil en Vivienne Longstaff & familie
Ons kuns oggende bring soveel genot! Ons het nou al dié jaar ‘n lekker
krale dag gehad waar elke meisie vir haarself ‘n arm bandjie en “necklace”
gemaak het. Kerk toe gaan en ander uitstappies word nou ‘n “brag” dag met
al die fancy goedjies wat hul vir hulself gemaak het.
Saterdag die 14de April het Fransie en haar familie die dogters bederf met
‘n kruisie steek projek. Almal het iets nuuts geleer en hope prêt gehad.
Baie dankie vir Fransie en haar familie vir die bederf!
Op ‘n unieke manier het ‘n groep Dinamika skool dogters ook hul skooltaak
in die vorm van ‘n gemeenskapsprojek met ’n verskil met ons kom deel. ‘n
Paasboodskap en paaseiers en geskenkies is uitgedeel. Die kinders kon hul
oe nie glo! Baie dankie vir Juanita and haar groepie—julle was awesome!
Moedersdag was ‘n dag wat min van ons sal vergeet. Ons het die meisies
gehelp om vir die huis ma’s ‘n ontbyt te bedien, tafels was mooi gedek en
ons het almal aan muffins, yogurt, muesli en vrugte gesmul. Daar was trane
in die tannies se oë!
Ook baie spesiaal was daar ‘n groep Marais Viljoen seuns wat met hul
skoolgemeenskapsprojek die gras kom sny het, groetetuin kom skoonmaak het
en nuwe plantjies geplant het—elke meisie het tuingereedskap as ‘n
verrassing gekry. Dit is regtig fantasties hoe hierdie seuns ingeklim het—baie
dankie! Ons wil ook net vir Renier en Adri dankie sê vir die tuinskoonmaak
tydens hul gemeenskapsweek ter herdenking van klein Nico se wonderwerk.
Soveel goeie dinge kom uit hierdie liefdesprojek van ons. Die mammas van
die Marais Viljoen seuns het gereel dat die meisies en huismammas se hare
by ‘n salon gesny gaan word—hoe wonderlik is die Here nie!
Ons Kombers en Verwarmer projek was suksesvol bo ons wildste verwagtinge—binne
vier dae het ons al die verwarmers en komberse wat ons nodig gehad het
gekry—ons wil net baie dankie aan ‘n ieder en elk wat bygedra het sê. Ook
dan so vir die Dippenaar seuns wat die verwarmers vir ons teen die mure
monteer het!
Junie se kuns oggend het Fransie en haar familie weer gehelp en het ons
uitnodigings kaartjies gemaak en pannekoek gebak. Baie dankie vir almal
wat so help.
Ons beplan om die 7de Julie Dieretuin toe te gaan. As enige iemand kan
help met donasies vir toegang geld en ietsie om te eet (20 persone @ R35
per persoon) sal dit regtig waardeer word!
JULIE MAAND IS VERJAARSDAG MAAND VIR ONS HUIS
Hamburgers, springkasteel, roomys, saam kuier en hope pret : 14 Julie 2007
: 11h00—14h00: RSVP ASB sodat ons genoeg kos het vir almal. Dit is gratis—maar
as daar enigiemand wil donasies maak, sal ons dit regtig waardeer.
Groete tot volgende keer.
Baie dankie aan al die kruideniersware en donasies. Die nood hou nie op en
alles word waardeer. Onthou om ‘n emmer te neem vir kruideniersware, of
plaas sommer in die houer spesiaal gemerk vir hierdie projek.
KONTAK PERSOON : SONJA BLIGNAUT : 083-411-1754
|
|
| |
|
|
| |
DONASIES - GROOT
ASSEBLIEF
Soos alle instansies wat afhanklik is van donasies Het ons huis ook ‘n
groot behoefte!
Enige kruideniers wat jy vir jou Huis sal koop, het hul ook nodig.
Vanaf wasgoed seep, suiker, toilet papier, pasta, sop, blikkies kos,
badseep, tandepasta,
alles en nog wat – en ‘n bederf dingetjie sal darem ‘n groot Glimlag
bring.
Alle kruideniers kan by die kerk-kantoor ingehandig word – laat weet
net dat dit spesifiek vir Abraham Kriel is,
of dit kan vir Sonja gegee word Sondae!
Geldelike donasies is ook baie welkom en kan of vir Sonja gegee word of
direk by die kerk kantoor inbetaal word.
By voorbaat baie dankie vir al die ondersteuning, dit word regtig Waardeer! |
|
| |
|
|
| |
Nuus |
|
| |
AUGUSTUS 2006
Hello Almal.
Ek het dit goed gedink om dmv maandelikse bladjie jul op datum te hou met
gebeure by “Ons Huis”
Ons kan nie vir jul genoeg dankie sê vir al jul ondersteuning en liefde
nie, en ek wil sommer nou namens Elize en die meisies van Huis Tribelhorn
by Abraham Kriel dankie sê.
Wat beplan ons :
30 Julie : Deurkollekte
5 Augustus : Kuns dag
30 Julie : Deurkollekte met verskil
In plaas van kollekte, wil ons versoek dat elke persoon asseblief ‘n
onbederfbare produk sal saambring kerk toe en dit in die houers by die
deure sal plaas voor en na die diens. Badkamper produkte, skoonmaak
produkte, onbederfbare kruideniersware, sal opreg waardeer word.
5 Augustus : Kunsdag
Op hierdie dag gaan ons saam net die dogters kuier en leer hoe om papier
te maak. Ons wil baie graag die jeug hierby betrek: hoe meer siele—hoe
meer vreugde.
Toekomstige Projekte:
Tuinmaak dag:
Deel van die meisies se terapie is om hul eie tuintjie te bou, te bewerk
en te onderhou. ‘n beroep word dus gedoen op almal om te kom help spit op
die dag—meer hande, ligte werk!. Spesiefiek het ons ook tuin kundigheid,
komposhoop bestuur en groente plant en onderhoud vaardigheid nodig om die
ding reg te doen.
SEPTEMBER 2006
Nog ‘n maand verby, welkom welkom welkom vir die Lente
Soos belowe hou ons jul op datum met ons maand bladjie!
Die meisies is nou almal goed gevestig in hul nuwe tuiste. Agter in die
kerk het ons ‘n “Ons Huis foto album” begin sodat almal kan deel in die
vreugdes.
30 Julie : Deurkollekte met verskil
Ons wil net vir ‘n ieder en elk baie dankie se vir al die pragtige
skenkings wat ons gekry het met hierdie spesiale deur kollekte—ons het
sowat agt kruiderniersakke stampvol benodigdhede ingesamel—elke item word
opreg waardeer
5 Augustus : Kunsdag
Ons het toe ons papier-maak projek gehad—wat ‘n fees—al was dit bitterlik
koud daardie oggend. Gewapen met sakke vol gekerfde papier en ‘n ou
“liquidiser” het ons die projek aangepak. Die meisies was eers huiwerig om
hul hande in die koue water te sit, maar almal het daarna baie pret gehad.
Die beste is dat die huis toe ‘n skenking van twee splinternuwe
“liquidisers” gekry het, en nou kan hul lekker papier maak vir hulle eie
gebruik! Die Here voorsien!
Projekte:
9 Sept ‘06—Kunsdag
Ons het Foto rame gemaak —sal in die volgende maand bladjie rapporteer.
Tuinmaak dag:
Ons is tans besig om verdere navorsing te doen oor hierdie projek—daar is
so baie organisasies wat informasie en werkswinkels het oor die aanbou van
selfonderhoudende, terapeutiese tuine (en groentetuine) - om hierdie
projek suksesvol te loods wil ons dit reg doen van die begin—sal weer
rapporteer.
7 Okt ‘06—Kunsdag
Ons beplan om “light switch covers” te maak—almal is welkom om op die
kunsdae saam met ons te kom kuier—ons is sowat ‘n uur besig van omtrent
09h30—10h30—hoe meer siele, hoe meer vreugde. Die Kunsdae gebeur altyd die
eerste Sasterdag van elke maand. Om die kunsdae suskesvol te maak het ons
baie kuns goedjies nodig: verf, kwasse, inkleur potlode, geskenkpapier, ou
verjaarsdag en kersfees kaartjies, veertjies, knopies, ens nodig.
LAASTE—MAAR NIE DIE MINSTE!
“SPESIALE DAG KLUB”
Ons wil vir elke meisie se verjaarsdag iets spesiaal doen. Tydens ons
verfdag was daar baie belangstelling onder die helpers om ‘n spesifieke
meisie onder hul vlerk te neem en dan op spesiale dae te bederf. Hierdie
is ‘n geleentheid vir meer mense om betrokke te raak. Die meisies het baie
aandag en liefde nodig. Die bal is reeds aan die rol en het ons reeds vir
Maritza op die 12de Augustus bederf vir haar verjaarsdag. Die idée is vir
‘n groep / persoon om ‘n meisie “aan te neem” (ons het ‘n foto van elke
meisie met al haar besonderhede op die “Ons Huis Foto Album” geplaas).
Daardie meisie word dan voor of op haar verjaarsdag uit geneem en bederf (Daar
kan sommer by die huis gekuier word —maar die dag word vir haar ekstra
spesiaal gemaak) Enige iemand wat belangstel kan Sonja gerus kontak vir
meer besonderhede. Ons wil dan ook die projek uitbrei na Kersfees ens.
OKTOBER 2006
Hello Almal
Eerstens, baie dankie vir al die kommentaar en positiewe gesindheid oor
hierdie projek. Sonder jul is hierdie liefdes-taak onmoontlik!
Al klaar die middel van Oktober : die jaar snel tot ‘n einde—almal is
besig, en ons wil met hierdie briefie soveel aan jul deurgee. Lees asb
verder.
Projekte:
9 Sept ‘06—Kunsdag
Ons het Foto rame gemaak — foto’s is teen die muur—dit was soveel pret.
Die een meisie het meer goedjies probeer opplak as die ander—so besef ons
maar net, hul wil elke projek hul eie maak—ons leer ook so elke
karaktertjie ken.
Tuinmaak dag:
Dries en sy span het toe die grond betrek en korte mette gemaak van die
harde werk. Die aarde is voorberei vir verskillende groente, nou is dit
net wag! Baie dankie Dries!
7 Okt ‘06—Kunsdag
Die lig skakelaar “cover” en deurknop kennisgewing het ‘n nuwe kunsform
aan van ons bekend gestel—decopage—iets waarvan ons nie veel geweet het
nie—maar Elize en Marlien—die huismoeders—het ons gou ‘n ding of twee
geleer.
UITNODIGING—almal is welkom om op die kunsdae saam met ons te kom kuier—ons
is sowat ‘n uur besig van omtrent 09h30—10h30—hoe meer siele, hoe meer
vreugde. Die Kunsdae gebeur altyd die eerste Saterdag van elke maand. Om
die kunsdae suskesvol te maak het ons baie kuns goedjies nodig: verf,
kwasse, inkleur potlode, geskenkpapier, ou verjaarsdag en kersfees
kaartjies, veertjies, knopies, ens nodig.
“SPESIALE DAG KLUB”
Ellenese het die18de September verjaar, Danie en Karen het haar bederf—sy
kon nie uitgepraat raak nie, movies, Spur, geskenkies - baie dankie.
Ons volgende meisie wat verjaar is Jackie—die 17de Oktober—Vivienne en
haar familie gaan Jackie bederf.
In Desember het ons vir Jennifer wat die 19de Des verjaar— enige familie/groep/persoon
wat dit in hul harte oopsien vir ’n bederfdag vir Jennifer, laat weet asb.
vir my.
Kersfees is dan om die draai en het ons met die huismoeders gesels.
Ons beoog om die huis as ‘n groep te bederf en hul het behoefte aan ‘n
“klim en klouter”. Op die oomblik klim hul maar in die bome—Jackie laat
mens se hart gaan staan want sy klim tot hoog in die denneboom dan hang sy
soos ‘n apie af! Ons wil dus groot asb vra vir ‘n donasie om hierdie
geskenk moontlik te maak—ons kyk na so R3000 om ‘n redelike “klim en
klouter” te installeer. Ons sal ook tegniese hulp en kennis waardeer—dalk
kan ons dit goedkoper doen as ons dit self ontwerp en installeer. Gesels
asb met my!
Jaareindfunksie : 18 November 2006—12h00-16h00 by “ons Huis” - ons wil
graag ‘n piekniek daardie dag hou by die swembad—wat reeds vir ons
gereserveer is—daar is baie gras, boma ens. Laat weet asb of jul saam kan
kom kuier—dit is ‘n gemeente uitreik en ons wil soveel as moontlik mense
in die dag laat deel!
November 2006 / Desember 2006 / Januarie 2007
Welkom Welkom Welkom
Soos jul kan sien het ons lanklaas met jul gesels!
Ons spesiale Kollekte dag het al ons wildste verwagtinge oorskry en het
ons oor die R6 000 ingesamel! BAIE BAIE DANKIE. Met hierdie fondse het ons
onder andere die klim en klouter gekoop – ons kersgeskenk aan die meisies!
4 November 2006 – Kunsdag – Skoene gemaak.
Geman met nuwe tekkies, linte, krale en baie entoesiasme slaan ons toe uit!
Hierdie kindertjies kon dan nou nie verstaan hoekom is daar papiere voor
in die skoene ingedruk nie! Dit laat mens dan van vooraf besef hoe
bevoorreg ons is! Die kuns span het met ‘n plan gekom en vir elkeen is
haar goedjies (skoene, krale, linte) mooi uitgesit en toe word daar fancy
skoene vir uitgaan gemaak – die meisies kon nie wag om die inloop werk te
doen nie.
Kerspartytjie : 18 November 2006—16h00 tot laat.
En het ons toe lekker gekuier.
Ysbreker was “hangmannetjie”. Ons het baie hulp gehad en wil ons aan ‘n
ieder en elk wat saam gekuier het, dankie sê! Ons het, toe die reen ophou,
buite gaan speel. Eers het ons die nuwe klim en klouter bewonder – die
kinders kan nie uitgespeel raak nie! Die eier/lepel resies en daarna
eiergooi kompetisie was ‘n groot baljaardery – en verneukery! Ons het
lekker gesmul aan braaivleis en slaaie. En toe kom die geskenk uitdelery –
daardie nuwe klere – man – het die kinders dit waardeer! Elkeen sy eie –
nie een dieselfde – ‘n groot bederf! Dries het ook van een van sy
toergroepe ‘n geskenk uit Holland gekry – ‘n oom wie se vrou oorlede is –
het sy oorlede vrou se juwele aan ons geskenk met die spesifieke opdrag om
dit aan die meisies te oorhandig. Die meisies se oë het geskitter – meer
as die stene in elke stukkie!
Roos tuin besoek – 3 Desember 2006
Mense – het Judes vir ons ‘n lekker dag bespreek – nie net die blomme nie
– die weer en alles wat daarmee saamgaan. Ons het by Ludwig’s Rose, oppad
Warmbad toe, gekuier. Ons het tot ‘n Mustang gehad wat die meisies soontoe
gevat het – dankie baie vir Freddie en Amanda. Daar aangekom is ons geleer
van rose plant, rose versorg, verskillende tipes rose – ‘n fees voorwaar.
Die meisies het daarna hul eie roosboom gekies en toe in hul tuin geplant
by die huis – ‘n pragtige herhinnering aan ‘n pragtige dag! Ek dink amper
die grootmense het die dag nog meer geniet!
Hare Sny Dag : 27 Januarie 2007
Daar begin ons die nuwe jaar met ‘n nuwe baadjie (of haarstyl). Tjoef Tjaf–
en al die hare is af! Elkeen kon sy eie styl kies – en Ronell – Blikkies
se sussie – het kortemette van die langhare gemaak – en daarna is die nuwe
styl drooggeblaas, gejel, ge-wax, you name it! Kyk asseblief na die “voor
en na” foto’s agter in die kerk!
|
|
|
 |
|