|
||||
|
Ons Kerkgebou Inwyding |
||||
|
As u miskien enige staaltjies het om ons te vertel oor die tydperk toe ons kerkgebou nog in aanbou was, deel dit asseblief met ons deur middel van die Terugvoervorm |
||||
|
Ons kerkgebou is amptelik ingewy op Sondag, 31 Augustus 1997, hier volg die inwydingsprogram. Baie welkom aan alle lidmate, oud-lidmate en vriende van die gemeente by die inwyding van ons kerkgebou.
Op een of ander wyse het elkeen 'n bydrae gelewer in die opbou en groei van die gemeente. Oor baie jare het baie mense hard gewerk en gebid vir hierdie kerk. Die afgelope drie jaar het manne bloed gesweet, opgeoffer, gewerk, gehuil en gelag oor hierdie gebou. Vandag wil ons erkenning gee aan elkeen wat op 'n manier deel was van hierdie proses. Dankie vir u getroue ondersteuning, geduld en volharding met die gemeente. Ons wil ook die lof en dank aan die HERE bring vir hierdie proses waardeur ons kon gaan, want dit was vir ons almal 'n verrykende ervaring van groei in die geloof, spanbou en volharding. Ons is vandag eienaars van 'n gebou soos geen ander gemeente in die land nie. Ons was by vele punte in die langer as ses jaar bouproses in 'n posisie dat ons eie moontlikhede en reserwes totaal uitgeput was. Ons was op daardie punte wat ons besef het "alleen kan ons nie verder bou nie". Telkens op daardie punte het die HERE mense, middelle en geld voorsien, sodat ons verder kon aangaan. Daarom kom die lof en die eer die HERE alleen toe en so wil ons ook die erediens vanmôre 'n verklaring van ons dank en verwondering oor die HERE se goedheid maak. Ten slotte, vandag is vir ons gemeente nie 'n eindpunt nie, maar 'n beginpunt. Behalwe vir werk wat voltooi moet word en 'n skuldlas wat afgewerk moet word, verskuif ons fokus al meer na die opbou en uitbou van die gemeente. Dit vra net sovel, indien nie meer toewyding en ywer van die gemeente as wat tot dusver die geval was met die bouwerk. Ons glo dat ons hierin net soveel genade en krag van die HERE sal ontvang en dat die ervaring wat ons met die bouwerk opgedoen het, vrugbaar aangewend sal word.
|
||||
|
|
||||
|
|
||||
|
|
||||
| Ons Gemeente: 'n Verhaal van God se Trou Verwelkoming: Oudl Nico Dyzel Votum: Ps. 24:7-10 Gemeente Sang:(sittend): Psalm 100: 3&4 Seëngroet Loflied (staande): JSB 3: 1-3 Wet: Matt. 6:31-33 Die Gemeente van Afstigting : Ds. H.A.J. Viljoen Die Murasiejare: Ds. P. J. Botha Gemeentesang: S.O.M. 36:1 & 2 Van 'n Murasie tot 'n Kerk: Oudl. Koos Terblanche Gemeentesang: Ges. 247:1 Samevatting: Ds. R. de K. Rotteveel Sangsolo: Heilige Gees: Elise Crous Gebed: Oudl. Dawie Swanepoel Dankoffer Gemeentesang: Ges. 294 Seën |
||||
|
|
||||
|
Preekstoel en liturgiese ruimte |
||||
|
|
||||
|
Die liturgiese ruimte met die preekstoel is seker die belangrikste deel van die kerkgebou. In 'n besondere sin vergestalt die liturgiese area van ons kerk die hele proses van samewerking en ontwikkeling wat die hele bouproses gekenmerk het. Die meesterbouer van die preekstoel is 'n lidmaat wat baie tyd en krag gespandeer het aan die bou daarvan. Die kunswerke is ook die werk van 'n lidmaat van ons gemeente. Die koste verbonde aan die bou van die preekstoel is deur finansiële skenkings moontlik gemaak. Die kanselkleed is deur lidmate geskenk en laat maak en so ook die nagmaaltafel. Danksy skenkings het die mat in die liturgiese ruimte ons niks gekos nie. Bogenoemde is 'n voorbeeld van hoe die bouwerk die afgelope drie jaar verloop het.
|
||||
|
Die Simboliek van die Preekstoel Panele |
||||
|
|
||||
| 1. Geboorte, Kruisiging en die uitstorting van die Heilige Gees en die Wederkoms. | ||||
|
||||
| 2. Die Gesin in die Gemeente binne in die Kerkverband. | ||||
| Dit is 'n abstrakte voorstelling wat die volgende hoof-elemente simboliseer: | ||||
|
|
||||
|
||||
|
Eie aan abstrakte voorstellings, sal individue meer of minder afleidings wat hierbo gemaak is uit die voorstelling kan aflei. |
||||