| |
BRACKENDAL - JEUG
Tydens die beplanning sessies vir die “draers van hoop” projek, is die
jeug geindentifiseer as ‘n area wat onmiddelik aandag moet kry.
Dit is ‘n groot taak om die jeug na behore te diens en die ideaal is om ‘n
voltydse jeugwerker of ‘n voltydse jeug predikant in diens te hê. Dit sal
deel van ons visie wees om later ‘n persoon te hê wat voltyds sy aandag
aan die jeug te kan wy.
Omdat ons op mense moet staatmaak wat net deeltyds tyd kan afstaan aan ons
jeug, het ons besluit om die verantwoordelikheid op te deel in verskeie
funksies en het ons mense gekry wat bereidwillig is om hierdie funksies te
bestuur.
Die struktuur vir die jeug lyk dus soos volg:
Jeugleier - Tienie Strydom
Jeugaksie “ARC” - Willem de Klerk
JNR Kategete - Jeanette de Klerk
SNR Kategete - Theuns Henning
Kategete - Sonja Blignaut, Willie Valetin, Christa Volschenk, Esté
Botha,
Baba Erasmus, Renier Botha,Karen Mulder, Gerhard van .Niekerk,
Gerhard & Priscilla Pretorius, Gerry Bosch, Magda Marais,
Cynthia van Loggerenberg, Isabel Benadie, Elize Nienaber
Musiek – Renier Botha
Sosiale geleenthede – Esté Botha
Kommunikasie/Bemarking – Linda Bossert
Omgeegroep vir Jeug – Theuns Henning
VOORLOPIGE STRATEGIE
Ons beplan om vroeg die jaar ‘n behoorlike strategie te bepaal vir die
jeug as geheel en dan ook vir elke groep individueel. Dit is nodig omdat
elke funksie anders funksioneer en ons wil graag ondersoek instel na elke
aspek van jeugbediening tans in ons kerk. Ons beplan om o.a. krities na
ons Kategeseskole te kyk om te bepaal of ons:
- slaag in ons doelstellings
- oor die nodige toerusting beskik
- voldoende opgelei is vir ons taak
- strukture vir beoordeling in plek is, ens.
Om behoorlike strategiese sessies te hou neem baie tyd wat ons nie nou het
nie. Ons wil ook graag reeds begin om sekere goed te implimenteer en kan
ons nie wag tot die nuwe jaar om alles eers in plek te kry nie. Ons het
daarom besluit om voorlopig ons aandag te vestig op die jeugaksie groep.
Hierdie mense is baie gewillig en is opgewonde om te begin werk. Die
volgende besluite is geneem tydens ons vergadering op 30 November 2003:
1) Naam - Dit is vir ons belangrik dat ‘n eie identiteit geskep
word vir die jeuggroep. Ons het ‘n kompetisie geloods om ‘n naam te kies
en verskeie voorstelle is ontvang vir ‘n naam. Die jeugleiers het gestem
en die volgende naam is gekies :
ARC – Almal Roem Christus
Esté Botha het ingewillig om hierdie naam te omskep in ‘n handelsmerk.
2) Musiek - Ons sien die sanggroep as ‘n belangrike deel in
die poging om die aanddienste op die jeug te fokus. Renier is getaak om ‘n
groep op die been te bring en ons gaan van hulle verwag om tydens elke
Sondagaanddiens op tree. Hulle kan ook reël dat ander orkeste optree by
ons dienste.
3) Sosiale Geleenthede - Dit is duidelik dat daar tans geen
samehorigheid bestaan tussen die kinders nie. As ‘n groep voel hulle nie
werklik deel van die kerk nie. Ons sal die jeugaksie aan die kinders moet
bemark en hulle inkoop moet kry in dit wat ons wil bereik. Dit gaan net so
belangrik wees om die ouers te kry om ons te ondersteun in ons taak.
Ons beplan om elke maand ten minste een “social” te reel en sodoende sal
die kinders mekaar leer ken en ons sal ook die geleentheid kry om op ‘n
ander vlak met hulle te begin werk.
4) Omgeegroep - Ons voel dat die kerk tans nie werklik geleenthede
skep waar die skoolverlaters hulself kan uitleef vir Christus nie. Ons glo
dat ‘n omgeegroep wat spesifiek fokus op hierdie mense ‘n groot rol kan
speel om hulle meer betrokke te kry by ons gemeente.
5) Kommunikasie/Bemarking -Die volgende verantwoordelikhede is
voorlopig aan die afdeling toegedeel:
1) Die bemarking van ARC onder die jeug en res van die gemeente.
2) Kommunikasie van al die aktiwiteite waarin ons betrokke wil raak.
3) Skakeling met Peter Thomas om te verseker dat jeugaksies op webblad
verskyn.
4) Bemarking van die jeug se eie webblad.
5) Skakeling tussen predikante, eredienskommissie en jeugleiers.
6) Die reeling van gaskunstenaars vir jeugdienste op ‘n gereelde basis.
Die jeugleiers is getaak om ‘n plan van aksie aan Tienie voor te lê voor
20 Desember 2003. Hierdie sal ‘n voorlopige plan wees wat sal aandui hoe
elkeen hulle taak gaan aanpak, wat hulle beplan om te doen, wie hulle gaan
betrek en die fondse wat hulle benodig om af te skop.
Ander aspekte wat bespreek is en besluite wat geneem is:
1) Om in ons taak te slaag sal ons toegang tot fondse moet verkry. Ons kan
nie die gemeente opsaal met hierdie koste nie en wil ons graag ons eie
fondse insamel. Ons gaan die finansiële kommissie nader vir ‘n voorskot
wat ons beplan om later terug te betaal. Verder wil ons ‘n rekening binne
die kerk se boeke open sodat ons die jeug se finansies apart kan bestuur.
2) Ons gaan toerusting benodig en sal ons spesifieke aksies moet loods om
dit aan te skaf .
3) Ons gaan vroeg volgende jaar almal opleiding deurgaan m.b.t.
jeugbediening.
4) Die groep sal in die toekoms een maal ‘n maand vergader om vordering te
monitor.
5) Verteenwoordigers van die jeug sal betrek word met die beplanning en
uitvoering van al ons aksies.
6) Ons gaan die jeug aan die gemeente bekendstel die eerste Sondag nadat
die skole heropen het.
Samevatting
Ons het nog baie werk om te doen voordat ons ‘n goed gedefinieerde visie
en beplanning sal hê. Ons het egter besluit dat ons dit mettertyd kan
formuleer soos ons ondervinding opdoen in die bediening van die jeug. Ons
vertrou egter dat as ons kan slaag met bogenoemde aksies, dit ‘n groot
hupstoot sal wees sodat die jeug hul regmatige plek kan inneem in ons
gemeente.
Tienie Strydom
Jeugleier
ALMAL ROEM CHRISTUS |
|