|
||||||||||||||||||||||
|
Ons het die jaar afgeskop met ‘n kamp te Hammanskraal vir ons hoërskoolkategese gedurende die naweek van 21/22 Januarie. Die kamp was ‘n reuse sukses wat deur 40 mense bygewoon is. Een van ons doelwitte met die kamp was om ‘n nuwe gees te probeer kweek tussen die kinders en almal deel te laat voel van ARC. Ons glo dat ons hierin geslaag het en dat baie nuwe vrienskappe gebou is tydens al die aktiwiteite wat daar plaasgevind het. Hierdie was ‘n onvergeetlike naweek waar ons “comfort zones” getoets is deurdat ons dinge moes doen wat ons nie sommer in ons alledaagse lewe sal probeer nie. Ons het die hindernisbaan aangedurf, rotse uitgeklim, absail, ge-foefieslaaid en nog baie meer. Die kernwoord hier was spanwerk en almal het met entoesiasme deelgeneem. Dankie aan almal wat die kamp meegemaak en veral aan die mense wat verantwoordelik was vir die reëlings. |
||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||