| |
Terugvoer van die dag!
Ten eerste wil ons vir Elize Barnard baie welkom heet. Dit was lankal tyd dat jy
gekom het! Baie welkom en ons weet sommer dat jy die tye saam met ons net soveel
soos die ander gaan geniet.
Lief en leed:
Ongelukkig kan Hercu en Susan vir eers nie meer met ons wees nie want hulle
skoondogter, Cindy, is eintlik baie siek en het hulle voltydse aandag nodig. Ons
bid vir haar en vir hulle gesin dat daar wel beterskap sal kom.
Tannie Joey het ook gister vir ‘n brein skandering gegaan sodat hulle kan
uitvind hoekom sy so lighoofdig en van balans raak. Ons glo ook dit sal nie
ernstig wees nie.
Op die oomblik hou tannie Hannie en Eddy nog vakansie, so hulle was nie daar nie.
Sien julle volgende keer!
Vir tannie Joey wat die 10e Maart verjaar, wil ons baie geluk sê en ons hoop dat
sy
‘n baie gelukkige verjaarsdag sal geniet en dat die jaar wat voorlê gesond en
geseënd sal wees.
Baie dankie aan tannie Anna en Rita wat vir die tee en koffie gesorg het en ook
aan almal wat die heerlike eetgoed voorsien het.
Valentynviering was pret. Die geskenkies was goed gekies en so ook die kaartjies.
Martie het met ‘n oulike idee gekom om die geskenkies te nommer en elkeen het ‘n
nommer getrek sodat daar nie spesefiek gekies was nie. Dit was sommer lekker.
Aag nou ja, almal kan nie wenners wees nie. Ons span was toe span “A” en het al
die baie moeilike vrae gekry. Darem was ons toe uiteindelik die “naaswenners”
soos tannie Malie dit sagkuns gestel het. Nietemin was die Bybelvasvra baie
leersaam en het ons so met die vasvra-pret ook geleer.
Vir al die meer gevorderde lede van die gemeente, JULLE WEET NIE WAT JULLE MIS
NIE! Kom volgende keer, dit sal nou in April wees want Maart het die ope dag, en
kom geniet die dag saam met ons.
Soos Jim Reeves destyds gesing het: “A stranger is just a friend you do not
know”
Gou sal niemand meer vreemd wees nie. Ons is tog mos almal deel van die een
groot familie!
|
|