|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
| Valentynsdagbyeenkoms - 10 Februarie 2010 (klik om te lees) | ||||||||||||||||||||||||||||||
| Laatoesnuus - Maart/April (klik om te lees) | ||||||||||||||||||||||||||||||
| Laatoes - Mei byeenkoms - (klik om te lees) | ||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
2010 Jaarprogram |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Spreuke 20 vers 29: Die trots van jongmense lê in hulle
krag; die versiering van oumense is hulle grysheid. Sommer so met die intrapslag van 2010 (dit is nou veronderstel om die jaar vir Suid Afrika te wees), het die meer “gevestigde” lede van die gemeente, met anderwoorde, die met die silwer hare, of as mens hulle nou eintlik op hulle amptelike naam wil noem, die Laatoes-lede, beplanning vir die jaar 2010 gedoen onder leiding van ons leidster tannie Malie. 10 FEBRUARIE Op Woensdag, 10 Februarie, om 9.30 gaan ons Bybel-vasvra hou. Ja ons het hierdie jaar besluit om dit vanaf 9 30 te maak vir mense wat verpligtinge het en nie te laat kan bly nie. Tannie Malie het ‘n gawe om op hierdie dag altyd haarself te oortref. Ek dink Ds. Piet het so ‘n klein vingertjie in die pastytjie, want verlede jaar het sy laat glip dat hy haar gehelp het met syfers. Mense was dit aangenaam. Op ‘n ander keer het ons strokies prentjies gehad wat ons in Spreuke moes ontsyfer. Dan was daar weer die twee spanne teen mekaar om name uit die Bybel te onthou. Bo en behalwe hierdie vasvra is dit dan ook nog Valentynsdag viering en elke persoon bring ‘n geskengkie van sy eie geslag vir die meer as R20-00 nie wat dan dit meer feestelik sal maak, en boonop dit, is daar dan die baie belangrike eetgoed! 17 MAART Gedurende Maart sal daar nie ‘n amptelike bymekaarkom wees nie want dan het die streek sy ope-dag by die Burgersentrum wat op die 17e plaasvind. Enigiemand wat belang sou stel om items in te skryf en nie die inligting het nie, kan vir tannie Malie kontak. Items moet Maandag die 15e ingehandig wees. Eintlik is hierdie dag nogal ‘n hoogtepunt want nie net kan die mensies spog met wat hulle doen nie, dit gee hulle ook geleentheid om iets te doen waarwoor hulle dan ook erkenning kry. Moenie glo hoe trots hulle op die pryse is wat dan ook uitgedeel word nie! 14 APRIL Op die 14 April gaan daar lekker gewerk word. Hierdie dag gaan ons vir die CMR help om Kersfees-kaartjies te maak. Die dames gaan die kaartjies maak en die mans gaan sulle kele nat hou en sorg vir kos. Die dames sal soos gewoonlik moet sorg vir die slaai (siestog, al moet hulle die werk doen kan hulle nie verwag die mans moet braai en nog slaai maak nie, ons weet mos mans kan nie “multi task” nie) en die mans gaan die vleis braai en sorg dat alles met die etery goed verloop. Ons sien uit om te sien hoe die kaartjies gaan lyk met elkeen se persoonlike idees wat hierin geskep gaan word. 28 APRIL Op hierdie dag moet al die warm klere, truie, serpe, sokkies, mussie, ensovoorts, ingehandig word vir die Abraham Kriel kinderhuis. Baie dankie by voorbaat vir al die bydraes! 12 MEI Goed, ons kan nie net wil eet nie! Vandag gaan ons STAP. Moet net nie bekommerd wees nie, ons stap darem vir die lekker en elkeen teen sy eie pas. Dit is mos einlik vir die pret want teen hierdie tyd in ons lewens is daar die meer stress nie en alles word sommer net vir die lekker gedoen. Ons kom by die kerk bymekaar en dan vertrek ons almal van daar af na die Jackson dam (eintlik dammetjie), en dan hou ons sommer piekniek daar. Elkeen sorg vir sy eie stoel, eetgerei en eet- en drinkgoed. Glo my, dit gaan ‘n baie aangename dag wees soos vele in die verlede. 2 JUNIE Ons eie Noot vir Noot. Vandag word ons musiek kennis so ‘n bietjie getoets en dalk ook ons sing-talent, maar moet nou nie bekommerd wees nie, ons gaan die met Zoid in die Beeskraal rondloop tot ons vir Koos Kombuis by die Kerkorrel kry nie. Soos gewoonlik, wat beste gedoen word is EET, en daarvoor gaan elkeen sy bordjie eetgoed bring. Soos Bettie sal sê, “Ons gaan sports hê” 14 JULIE Hierdie dag is maklik. Video, sop en vetkoek. Die werk is sommer ook al uitgedeel, so kom net en geniet die dag! 11 AUGUSTUS Nog ‘n maklike dag. Kuier en Kerrie. Vandag gaan ons net saam kuier. Lekker gesels en saam eet. Al die werk is klaar uitgedeel, so kom net en geniet die dag. 9 SEPTEMBER Hierdie maand is iets anders. Elke jaar bied die Lewensentrum ‘n “Sangfees” aan en hierdie jaar gaan ons weer deelneem. Ons gaan sing!Moet nou net nie bekommerd raak nie, daar sal nog tye vir oefen aangekondig word soos die tyd nader staan. Kom deel in die pret! 13 OKTOBER Vandag is daar ‘n “raai”tema. Ons gaan aantrek soos ‘n Bybel figuur en die ander moet raai wie jy is. Daar sal ook Bybel geregte voorgesit word. (O! ek hoop nie iemand gaan ‘n opgekookte bokkop met glas ogies bedien nie!) Ek glo dit kan net interessant wees, kom en geniet die dag saam met ons. 24 NOVEMBER Soos alles kom alle goeie dinge tot ‘n end. Vandag het ons ons afsluiting en dit gaan wees in die vorm van ‘n Kers-ete. Elkeen sal weer vir sy/haar geslag ‘n geskenkie van nie meer as R50-00 koop nie wat dan op ‘n tafel gesit sal word sodat elkeen een kan neem. By hierdie afsluiting hang tannie Malie ook natuurlik weer uit en oortref haarself. Ons is baie dank aan tannie Malie verskuldig vir al die moeite wat sy vir ons doen. Ek glo sy doen dit uit haar hart uit hoewel dit seker nie altyd maklik vir haar is nie. Baie dankie nogmaals tannie Malie. Om haar te kontak indien u wou aansluit, kan sy gekontak word by 072 622 6309 of 011 868 3089. Of u kan die kerk kantoor kontak. |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Laatoes Afsluiting 2009 |
||||||||||||||||||||||||||||||
| Die oggend van 25 November het die Laatoes lede hulle jaarlikse afsluiting gevier. Die tafels is agter in die kerk mooi gedek met twee tafels vol eetgoed tussen in. Daar was lekker ge eet en gekuier en almal het hulle gate uit geniet. | ||||||||||||||||||||||||||||||
|
Klik op 'n foto vir 'n groter weergawe |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Laatoes Bring en Braai - 11 Junie 2008 |
||||||||||||||||||||||||||||||
| Die Laatoes Groep het 'n geslaagde bring-en-braai by die kerk geniet. Nuwe lede Jan en Joey Botha is ook by die groep verwelkom | ||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die Laatoes Lidmate het verlede jaar met spyt afskeid
geneem van Nerina. Sy gaan 'n bietjie aftyd neem met besoek aan haar
kinders in Australië en Engeland.
Dit is lekker om te sê dat die byeenkomste van van die Laatoesers nie gaan doodloop nie Malie het ingewillig om as tydelike koordineerder in te staan. Vroeg in die jaar is twee byeenkomste al gehou waar lekker saamgekuier is en nuus uitgeruil is van die vakansietyd. Ons nooi alle seniors bo 55 jaar om saam met ons te kom deelneem aan ons aktiwiteite. |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Valentynsdag byeenkoms |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
2005 Interkerklike Senior Byeenkoms |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Een God vir almal! Ds. De Wet van die NG Gemeente het met
gebed afgesluit. |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Bybelstap -29 Oktober 2004 |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Verteenwoordigers van alle gemeentes in Albertonkom by ons kerk byeen vir 'n Bybelstap. Die opbrengs was geskenk aan die Bybelgenootskap. |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die Laat-oes Boemelaarsbyeenkoms - 8 September 2004 |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Sportdag saam met Brackenhurst |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Op 'n yskoue wintersdag kom ons Laatoes lede
en lede van Brackenhurst gemeente se seniors bymekaar vir 'n sportdag! Na
'n lekker koppie tee om mee op te warm begin die sports! Ons gooi vir die
vale, eers bottelgooi, toe sakkiegooi en daarna ring gooi en die spanning
loop hoog as die drie spanne kop aan kop trek. Dan ballon-op-lepel aflos
asook bal-aangee en dan die laaste item, veerpyltjie gooi.. Onthou net
dames, die pyltjie moet die bord tref voordat punte aangeteken kan word!
Oor 'n koppie warm sop en broodjies word die wenners bekend gemaak en pryse uitgedeel. Binnekort maak ons weer so, sodra dit weer warmer word! |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
April 7, 2004 Byeenkoms |
||||||||||||||||||||||||||||||
| Op 'n heerlike koel dag kom ons weer bymekaar, die keer is die gasspreker Rykie Pienaar wat vir ons kom vertel oor hoe ons breins werk, hoe om vir die brein suurstof te laat kry en ook om vir ons te wys hoe swak ons spelling is! Ons gaan nou voor elke byeenkoms eers oefeninge doen sodat die brein suurstof kan kry en sodoende op sy beste kan funksioneer! Ek beter klein woorde gebruik sdat julle nie kan sien hoe vrot ek spel nie! gedreunde die byeenkoms het ons ook uitgevend dat ons nie een 'n leeu kan teken nie. Maar ons het darem lekker vir ons pogings gelag! Baie dankie, Rykie! | ||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Rykie aan die woord! |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Breinoefeninge |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Nog breinoefeninge! |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Laatoessers presteer by die Alberton Opedag - 17 Maart 2004 |
||||||||||||||||||||||||||||||
| Van ons Laatoes lede het met pryse weggestap by die jaarlikse opedag wat by die Alberton Burgersentrum gehou is. Veels geluk aan Kobie, Malie, Jennie en Hannie | ||||||||||||||||||||||||||||||
|
Klik op die fotos om 'n groter weergawe te sien. |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
YES, I'M A SENIOR CITIZEN! I'm the life of the party...... even if it lasts until 8 p.m. I'm very good at opening childproof caps... with a hammer. I'm usually interested in going home before I get to where I am going. I'm awake many hours before my body allows me to get up. I'm smiling all the time because I can't hear a thing you're saying. I'm very good at telling stories; over and over and over and over... I'm aware that other people's grandchildren are not nearly as cute as mine. I'm so cared for -- long term care, eye care, private care, dental care. |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die Laatoessers gaan toer! |
||||||||||||||||||||||||||||||
| Vroeg Maandagoggend, 23 Februarie 2004 is die Laatoessers al by die kerk wagtende vir die bus. Die ongeduld was groot aangesien die bus in die verkeer vasgevang was en laat sou wees. Stories en grappe was aan die orde van die dag en gou gou is die tyd verby en hulle is op pad! | ||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die Brackendal toerlede.... |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die Drakensbergtoer Wit welpies, hemelse stemme en omgekrapte mae Deur (dr) Johann Liebenberg Dit wil-wil reën, die Maandagoggend toe ons groepie laatoesters die bus by die Brackenhurst-kerk haal vir die vyfdaagse Drakensberg-toer. Tinus, immer hulpvaardig, help vir Boet, die bestuurder om die bagasie in te laai en ons kry koers met die langpad. Doe bis os 'n manifestasie van gemaklike sitplekke en lugreëling en hy wieg op sy kussingvere. Middagete is by die wildplaas Cam-o-Rhi, so genoem omdat daar net 'n kameel en 'n resoster was toe die huidige eienaars daar aangeland het. Daar word wit leeus geteel en ons vergaap ons aan die vier spelerige welpies. As mens hulle net so klein kon hou, sou meer as een van die toeroumas maar te graag een wou huis toe neem, as dit kon. Wit leeus is 'n mooi aardigheid, maar stem 'n mens tog tot nadenke dat die mens nie werklik die Skepper kan nadoen nie want hulle is mensgeteel maar kan nie in die veld oorleef nie omdat hulle wit voorkoms maak dat hulle sigbaar vir 'n prooi is om te kan jag. Mensgeteel, bly hulle vir kos en voortbestaan van die mens afhanklik. Ons slaap oor in die Country Inn op Fouriesburg waar Martie, ons gasvrou, vir ons die heerlikste skaapboud vir aandete voorsit. Dinsdag reis ons via Golden Gate en Qwa-Qwa na die Drakensberg se hoogste piet, die Sentinel. Goue sandsteen kranse troon om ons heen en water drup uit die klip van die uitgrawings langs die pad asof Moses die rotse met sy beroemde staf bygekom het. Oral blink klein watervalletjies soos vloeibare diamante teen die kranse af. Hoe hoër ons klim, hoe meer hand die missluier soos fyn geweefde kant oor kloof en krans en verleen 'n mistieke wonderbaarlikheid aan die berg van die draak. Dit oordek die Sentinel sodat ons hom nie kan sien en foto's van naby neem nie. Maar die geheimsinnigheid waarin die landskap om ons heen gehul word, maak grootliks daarvoor op. Dit laat my onwillikeurig dink aan 'n gedig van WEG Louw oor die natuur waarin hy besluit: Hoe moet ek eendag van hierdie ding skei waarmee ek so verstrengel is? Ek glo ek sal van hulle nooit genoeg kan kry en in die helder hemele daarbo, wat agter die verste vaste sterre lê, sal soms die hemelinge ook heimwee hê. Deur Qwa-Qwa ontsier derduisende vierkantige skemahuisies die glooiende heuwels, onooglike manifestasie van een van die belangrikste oorsake van Afrika se armoede en ellende, naamlik oorbevolking. Soos ons gids Michael moedeloos opmerk: "waar gaan al die derduisende kinders wat ons die middag uit die skole sien stroom, eendag werk kry?" Middagete is by 'n plek met die ongewone naam van Fika Patso. Maar dis nie om die naam dat ons dit sal onthou nie, wel vir die nagereg: eergister se rys in 'n waterige soet sous! Humor het die aanvanklike ergenis te bowe gekom en Fika Patso se "ryspoeding" het die spot van die toer geword. Die aand se mugsagte beesstert op die skilderagtige Hlalanati, met sy grasdak chalets het ruim opgemaak vir die middag se ryskonkoksie. Hlalanati lê digby Spioenkop waar die Boere in die Tweede Vryheidsoorlog die Engelse magte van die berg af verdryf het in een van die Republiek se roemrykste veldslae van die oorlog. Die Britte glo egter vandag nog die propaganda wat destyds oorgestuur is, naamlik dat die Engelse magte gewen het, en een van hulle bekendste sokkerklubs is na Spioenkop vernoem. Dis hier op Hlalanati waar die berg se draak vir ons grom. Toe Sam die aand sy komberse ooptrek on die bed te klim, word hy deur 'n krioelende miernes tussen sy lakens begroet. Groot konsternasie en moedertjie Nerina en gids Michael se hulp word terstond ingeroep. Aan die miere kon hulle niks doen nie, dit aan die hospita oorgelaat. Maar Sam het darem 'n ander mierlose kamer gekry. Toe ek, Marietjie, Elsie en Lydia die aand by ons chalet kom, weier die sleuter om die slot oop te sluit en dit het 'n goeie geruk en gepluk deur een van die werkers opdie perseel gekos voordat die draak bes gegee het. Nog was dit die einde nie! Daardie nag besoek die draak van die Drakensberg 'n groepie van ons, onder wie Tinus en Hans, en krap hulle mae behoorlik om. Ek glo onse liewe Vader moes ook mar glimlag toe Hans by die ontbytgebed by sy Skepper kla oor hoe hy die nag aanmekaar moet toilet toe hardloop en moes onderbroeke uitwas. Dis net Hans wat so spontaan en sonder inhibisies met sy Skepper praat. Woensdag se hoogtepunt was onteenseglik ons besoek aan die Drakensbergse Seunskoor in hulle skool en ouditorium daar teen die hange van die berg. Woorde kan nie die hemelse stemme van daardie seuns en hulle koorsange beskryf nie. Die meeste van ons was veral deur die Afrika-nommers met hule dinamiese ritme bekoor, veral die een waar die seuns naggeluide nagemaak het. Die paddatjies en die watergeluide was veral realisties. Donderdag was sommer net lekker rondry, maar die besoek aan die Tugela-Vaal-hidroelektriese skema was leersaam en insiggewend. Na 'n kort besoek aan die skilderagtige dorpie Clarens, vernoem na president Kruger se ballingverblyf in Switserland, kom ons Vrydagmiddag weer terug op Alberton. Bly om tuis te wees, maar met mooi herinneringe aan 'n aangename toer. Ten slotte mag ek nie nalaat om waardering vir Nerina uit te spreek nie. Sy het behoorlik soos 'n hen oor haar kuikens na ons omgesien en wie ookal 'n probleem gehad het, daarvoor had Nerina 'n oplossing! Dankie vir jou moederlike bemoeienins met ons almal, Nerina! |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Februarie 2004 Byeenkoms |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Op 11 Februarie kom al die Laatoessers by die kerk
byemekaar vir die Februarie byeenkoms. Nerina heet almal welkom en ons
heet Nerina ook welkom na haar afwesigheid. Die gassspreker is Zirkea Brink, Organiseerder van doe Suid Transvaalse Sinode wat ons kom toespreek oor hulle "Adopt a Cop" veldtog. Hulle groep het groot sukses behaal deur kennis te gaan maak mer die personeel van hulle plaaslike polisiekantoor en op gereelde basis verversings daar te gaan bedien. Die polisie waardeer dit baie dat mense moeite doen en in plaas van om net foute te soek met hulle diens, ook die goeie werk raaksien wat hulle doen en waardering daarvoor betoon. Al die Laatoessers stem toe ook saam dat hulle betrokke wil wees by ons eien interaksie met die Brackendowns Polisiekantoor. Die oproep vir sagte speelgoed was ook 'n sukses en 'n houer vol speelgoed is deur die Laatoessers ingebring. Die speelgoed gaan gebruik word om kindertjies wat hof verrigtinge moet bywoon as gevolg van kindermishandeling, te troos. Die betrokke speelding word dan hulle eiendom na die hofverrigtinge. Die verrigtinge word afgesluit met koek en tee. Een groot voordeel om aan die Laatoessers te behoort is die lekker verversings. Al die dames is baasbaksters en die verversings is uit die boonste rakke!! As enigiemand by ons wil kom aansluit is julle meer as welkom! |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
klik op 'n foto om 'n groter weergawe te sien |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
RAU Pretdag vir Seniors |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Ons laatoeslidmate neem op 16 Augustus 2003 aan die RAU Pretdag vir Seniors deel en kom derde uit 32 spanne! Wel gedaan! Volgende jaar is julle die wenners!! |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
BRACKENDALLER LAATOESLIDMATE BLY AKTIEF - Aug 12 2003 Op 4 Mei was daar ‘n boeresportdag gereël waarby die seniors van Brackenhurst uitgenooi was om die dag saam met ons te kom deel. Saam met al die sports en gelag het die dag behoorlik gevlieg en toe was dit tyd om die dag af te sluit met heerlike sop. Gelukkig het ons toe nie nodig gehad om die “stretchers” en die noodhulpkassies uit te haal nie. Ons bure het ons verseker dat hulle die dag tenvolle geniet het en kon nie wag vir die volgende boeresportdag nie. Vir die fondsinsameling aksie einde Mei het ons besluit om Jaffels te bak en te verkoop. Met die samewerking van die gemeente en buite ons gemeente het ons bestellings vir 1400 Jaffels ontvang. Toe kom die groot dag, die laatoeslidmate het by die kerk opgedaag met al wat ‘n gasstoof is, en dosyne Jaffelpanne en ons moes net bontstaan om al die Jaffels te bak. Jaffels bak was nog nooit so lekker nie, want deur al die gelag en grappe het ons die 1400 Jaffels toe bemeester en teen die einde van die dag R6300-00 wins ingebring. Gelukkig was daar geen ongevalle en brandwonde nie, maar die volgende dag het al wat ‘n Laatoes was geloop met ‘n toe bors van al die rook wat hulle ingeasem het. Ons wil dankie sê vir almal wat so hard gewerk het, en almal wat geswoeg en gesweet het om al die bestellings in te bring. Op 9 Julie het ons weereens die projek aangepak om lekkergoed vir die kinders van Abraham Kriel Kinderhuis te verpak. Dit het nogal vernuf gekos om R5-00 se lekkers in ‘n R2-00 pakkie te verpak maar ons het dit gelukkig bemeester. Ons het toe 210 pakkies verpak en beoog om later weer die taak aan te pak. Ons bid ook vir almal wat so hard gewerk het om vir die minderbevoorregte kinders van die Abraham Kriel Kinderhuis ook ‘n glimlag te gee die Here se seën toe. Laatoesgroete Kobie du Plooy. |
||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||
|
Kontak: Nerina Vermooten: 867-1952 |
||||||||||||||||||||||||||||||