|
||||
|
|
||||
|
Net eers ‘n kennisgewing dat ons met die staking van die
munisipale werkers nie ‘n kans wil waag om volgende week,wat dan ons Mei
samekoms is, na die Jackson dam sal gaan nie want on sweet nie hoe dit sal lyk
nie. Met die mooi reen wat ons ook tans kry, moet ons maar veilig speel, dalk reen dit dan ook nog, so ons sal dan DV die dag ruil met Junie en die musiek vasvra nou doen. Haal maar die plate uit en begin luister. Terugvoering van gebeurtenisse gedurende Maart en April! Met die Opedag wat toe in Maart gehou was, wat ook nie meer in die Burgersentrum in Alberton gehou was nie maar in die NG Kerk in Hennie Alberts straat, was dit weer ‘n uithaler geleentheid wat almal geniet het. Aangesien dit ook in ‘n kleiner omgewing gehou was, was dit meer intiem en mens kon nie anders as om al die handewerk, gebak en dan ook die plantjies, blomme en groente wat hierdie bejaardes ingeskryf het te bewonder nie. Hulle sowaar oorlaai met gawes. Daar was ook ‘n paar inskrywings uit ons geledere en kan daar geroem word met die volende pryse: Tannie Ems : Eerste prys vir gebreide sokkies Annie Maartens : Goue prys vir gehekelde vatlappies Eerste prys vir gehekelde doilies Malie Muller : Goue prys vir ‘n laphoed Eeste prys vir ‘n toetreksak Spesiale prys vir naaldwerd. Wel gedaan en baie geluk aan hierdie dames! Mag daar volgende jaar sommer baie meer inskrywings en pryse wees. Onthou, die maak van hierdie items gee nie net die wonderlike gevoel van genoegdoening met die pryse nie, maar dit hou ook die ou kneukels wat stadigaan deur ouderdom styf begin word, soepel. Ongelukkig was daar nie iemand wat foto’s kon neem nie, maar volgende jaar sal daar beslis wees. Soos hulle in Engels se “watch this space!” Met ons samekoms op 14 April het die dames, ons was 8 in getal, die kaartjies vir die CMR aangepak wat hulle vir die prisoniers gee, en ons het 204 Engels en ver oor die 100 Afrikaanses gemaak, Ek moet se dat dit vir my een van die mees ontspanne stukkies werk was wat ek nog gedoen het. Ons het so saam om die twee tafels gesit en gesels en kuier, maar ons het ook gewerk. Die tannie Anna kan darem vir jou gom smeer! Tussen ons is daar toe sommer 8 stafies gom kaf gedraf. Weereens was ons sonder ‘n fotograaf! Ons kon darem van die kaartjies afneem om te wys wat die eindresultaat was. Die mans het lekker vleis gebraai en ons het verneem dat daar by die vuur ook warm gekuier was. Darem nie tot so ‘n mate dat die vleis gebrand het nie. Die slaai was lekker en oom Johan het toe in tannie Marietjie se afwesigheid vir pap gesorg wat nogal heel welkom was saam met tannie Malie se heerlike sous. Tot volgende keer dan, en ons hoop steeds dat ons getalle gaan groei. Kom deel in die samesyn en geniet die dag saam met ons. |
||||
|
|
||||