Laatoesnuus

Mei byeenkoms

 

 

 
  Die Mei byeenkoms was weereens baie pret gewees.

Dit was in die Noot vor Noot formaat en Peter het die lede se musiek kennis getoets met 'n aantal algemene kennis vrae en toe ook plate gespeel waar die twee spanne meegeding het om die titels van die liedjies te herken.

Vir 'n lang tyd was die twee spanne kop-aan-kop maar toe neem span A die voortou en kon nie meer ingehaal word nie.

Almal het die byeenkoms terdeë geniet en daar is voorgeneem om weer 'n soortgelyke byeenkoms volgende jaar te hou.

Weereens was die eetgoed aan die einde van die byeenkoms uit die boonste rakke!