Brackendal

Sending in Aksie

 

     
 

Brackendal – Sending – in - Aksie 

“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels. Doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te onderhou wat ek hulle beveel het.” Mat. 28: 19,20 

Die meeste van ons is maar skrikkerig oor hierdie opdrag van die Here – meestal omdat ons nie die kennis of vrymoedigheid het om iemand tromp-op te loop en te evangeliseer nie. Ons voel nie bekwaam nie, en ook nie altyd of ons die reg het om iemand se “geloofsake” te ondersoek nie.

Ons wil egter met Brackendal Sending-in-Aksie ‘n ander benadering volg – naamlik om die liefde en genade van Jesus te verkondig deur Jesus se hande en voete te wees en betrokke te raak by mense in hulle daaglikse nood. Verder wil ons ook ons elkeen se uitleef van ons Christenskap daagliks by ons werksplek aanspreek – kan ons Jesus se liefde prakties en in opregtheid in ons werks / leef omgewing uitleef?

Om daardie rede het ons dringend mense nodig wat wil betrokke raak.

Hier is ‘n paar van die moontlike dinge wat beplan word.

  • Om te korrespondeer met sendelinge en hulle gebeds – en ander behoeftes aan die gemeente weer te gee.
  • ‘n Jesus-fliek uitreik in Thokoza gedurende die Pinksterweek in samewerking met die NG gemeente in Thokoza. Hier gaan ons ook wil verversings verskaf.
  • ‘n Kerkbou / soortgelyke uitreik in een van ons buurlande.
  • ‘n Besoek aan Mes-aksie in Hillbrow
  • Samewerking met ander gemeentes se plaaslike hulpverlening en sending aksies.
  • Moontlike beradings kursus te volg en ‘n beradings – span te hê wat kan beskikbaar wees vir gemeente-lede in nood.
  • ‘n Gebedsaksie vir ons gemeente en sending in die algemeen te loods

As jy dus voel dat jy enige van die volgende talente het, kom help asseblief –

  • Is jy lief om te korrespondeer?
  • Is jy goed met organiseer?
  • Sou jy graag wil iets gee vir mense in nood, soos kos of van jou tyd?
  • Is jy goed met plakkate maak / bemarking doen?
  • Sou jy graag wou berading / bemoediging gee? Moontlik het jy reeds ondervinding in hierdie gebied?
  • Sou jy ‘n gebedsaksie wou loods of daarby wou inskakel?

Ons het jou dan nodig!! 

“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom & julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea & in Samaria & tot in die uithoeke van die wereld” Hand. 1:8