|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Dis weer sulke tyd (die vakansie aan die einde van die derde kwartaal) en die graad 7’s, 18 graad 10’s en 11’s en 'n paar volwassenes gaan kamp by Wag-'n-bietjie Kampterrein naby Pretoria. Die eerste twee dae is net die groepleiers en die volwassenes daar, ter voorbereiding van die intog van die graad 7’s (mens het dit nogal nodig – anders sal jy dit nooit oorleef nie!). Van Brackendal het 'n klompie mense saamgegaan – die belangrikste: die kooktannie – Nerina! Drie groepleiers het ook uit ons gemeente gekom, nl. Amanda du Plessis, Brenda du Plooy en Christo Potgieter. 'n Paar graad 7’s het ook gegaan, waaronder Dawie Rotteveel en Rhyno Pretorius. Die hele Rotteveel gesin het sommer daar ingevaar! Daar was heelwat pret – van laatnag sakresies (10 of 11 per sak!!) tot eier met jou mond aangee (jy mag nie jou hande gebruik nie!), swem, die literia-baan, die heerlike hindernisbaan (waar selfs sommige van die dominees 'n moddermasker gaan aanskaf het – lyk ongelukkig nie of dit veel met die plooie kon uitrig nie!) en so 'n vinnige konsert! Daar was Bybelstudie en 'n paar keer gesels oor 'n aantal onderwerpe en so 'n klein bietjie slaap (nou nie te veel nie, anders bederf dit die pret!). In kort – dit was 'n groot fees (ons het dit baie geniet en ek is seker die boeties en sussies by die huis wat 'n bietjie vrede gehad het, ook!!). Hier is so 'n paar foto’s van mense uit Brackendal wat die kamp bygewoon het (weet egter nie of die ma’s en pa’s hulle sal herken nie!) Gelukkig is ek onherkenbaar (ek hoop so?!!) Wat die belangrikste is, is dat die Here daar met 'n klomp jongmense se lewens gewerk het en dat dit hopelik 'n blywende goeie invloed op hulle lewens sal hê. Dankie aan julle wat deel was van die kamp – mag die Here julle elkeen seën met Sy groot liefde! Groete, Robert Rotteveel |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||